Search Directory

Weather SA

Affiliated Partners

Events Calendar



ATKV-Drakensville Featured

Verruil die stadstoneel vir skouspelagtige natuurtonele by die Drakensberge! Met net ’n rapsie meer as drie uur se ry van Johannesburg en Bloemfontein en sowat twee en ’n half uur van Durban af, lê ATKV-Drakensville-vakansieoord naby die voetheuwels van die Drakensberg-amfiteater, ’n wêrelderfenisgebied. ATKV-Drakensville, ’n mekka van asemrowende uitsigte, word omring deur historiese landmerke en bied toegang tot talle toeristeaantreklikhede in die omgewing. Die oord het ’n verskeidenheid akkommodasie, avontuur-aktiwiteite, ontspanningsgeriewe, ’n restaurant, kitskos-, koffie- en geskenkwinkel. Die ATKV-Drakensville – perfek vir jou sprokietroue, ‘n suksesvolle konferensie of ‘n spiekeries spanbouprogram! Semifinalis in die AA Travel Guide/American Express-akkommodasietoekennings in die kategorie: groot selfsorgoorde in Suid-Afrika. Bed-en-ontbyt-kamers Driestergradering met 1 slaapkamer (enkel of dubbel) vir 2 persone met ’n en suite-badkamer. Etes word in die restaurant op die oord verskaf. B & B Kamers Selfsorghuise Twee- en driestergradering vir 4 tot 6 persone. Huise bestaan uit 2 of 3 slaapkamers, ’n kombuis, sitkamer, 1 toilet en 1 badkamer. Huise is ten volle toegerus en gemeubileer. Badhanddoeke word verskaf. 4-Bed 6-Bed opgegradeer 6-Bed opgegradeer (1 badkamer)


Tripadvisor
Address
Region
Kwazulu-Natal
Group Bookings
Featured
Yes
Meta Description
Verruil die stadstoneel vir skouspelagtige natuurtonele by die Drakensberge!
Reservations
Rate this listing
★★★½
1 vote
Favoured:
0
Map